Vertaalstudies

Vertaalstudies is ’n akademiese intervakgebied wat die stelselmatige bestudering van die teorie, beskrywing en toepassing van vertaling, tolking en lokalisering behels. As ’n intervakgebied is vertaalstudies baie verskuldig aan die studievelde wat vertaling ondersteun. Dit sluit vergelykende literatuurstudie, rekenaarwetenskap, geskiedenis, taalkunde, filologie, filosofie, semiotiek en terminologie in.

Die term vertaalstudies ("translation studies") is gevorm deur James S Holmes, ’n Amerikaanse geleerde wat in Amsterdam werksaam was, in sy artikel "The name and nature of translation studies" (Die naam en aard van vertaalstudies),[1] wat as ’n fundamentele stelling van die vakgebied beskou word.[2]

  1. Holmes, James S. (1972/1988).
  2. Munday, Jeremy. 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search